Jeremiah 11:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die HERE vir my gesê: Roep al hierdie woorde uit in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem en sê: Hoor die woorde van hierdie verbond en doen dit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê die Here: “Kondig hierdie boodskap aan in Juda se dorpe en Jerusalem se strate en sê: ‘Onthou die voorskrifte van hierdie verbond wat Ek met julle gesluit het, en kom dit na! |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het vir my gesê: Roep al hierdie woorde uit in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem: Hoor die woorde van hierdie verbond en doen dit. |
| Afrikaans 1983 | Die Here sê toe vir my: Roep al hierdie woorde uit in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem: Luister na die bepalings van hierdie verbond en kom hulle na! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het vir my gesê: “Roep al hierdie woorde uit in die dorpe van Juda en in die strate van Jerusalem, ‘Luister na die woorde van hierdie verbond en voer dit uit! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê die Here vir my: “Gaan praat met die mense in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem. Jy moet vir hulle sê: Julle moet gehoorsaam wees en doen wat Ek gesê het toe Ek 'n verbond gemaak het met julle voorvaders. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het die Here gesê: “Gaan sê vir die mense in Juda se stede en in Jerusalem se strate: Onthou die voorskrifte van die ooreenkoms wat Ek met julle gemaak het en kom hulle na! |