Jeremiah 11:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) sodat ek die eed kan nakom wat ek aan julle vaders gesweer het, om aan hulle 'n land te gee wat oorloop van melk en heuning, soos dit vandag is. Toe antwoord ek en sê: Laat dit so, HERE!
Afrikaans (NLV) 2011 “‘So sou Ek die belofte hou wat Ek met ’n eed aan julle voorouers gemaak het. Ek sal hulle ’n land gee waar melk en heuning vloei. Dit is die land waarin julle nou lewe.’” Ek het geantwoord: “Dit is so, Here!”
Afrikaans 1933/1953 om te bevestig die eed wat Ek vir julle vaders gesweer het om aan hulle te gee 'n land wat oorloop van melk en heuning soos dit vandag is. Toe het ek geantwoord en gesê: Amen, o HERE!
Afrikaans 1983 Só sal Ek die belofte bevestig wat Ek met 'n eed aan julle voorvaders gemaak het, dat Ek aan hulle 'n land sal gee wat oorloop van melk en heuning soos julle dit vandag het. Ek het geantwoord: “Amen, Here.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sodat Ek die eed gestand kan doen wat Ek vir julle voorouers afgelê het – om vir hulle 'n land te gee wat oorloop van melk en heuning, soos dit vandag is.’ ” ’ ” Ek het daarop geantwoord en gesê: “•Amen, Here! ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En dan sal Ek aanhou doen wat Ek vir julle voorvaders belowe het. Ek het gesê Ek sal vir hulle 'n land gee waar daar baie melk en heuning is, en julle het vandag so 'n land.” Ek, Jeremia, het geantwoord: “Amen, Here.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So sou Ek dan my belofte hou wat Ek aan julle voorouers met ’n plegtige belofte gemaak het. Ek het gesê Ek sal hulle ’n land gee waar die melk en heuning in strome loop. Dit is die land waar julle nou bly.” Ek het geantwoord: “Dit is so, Here!”