Jeremiah 11:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar sal geen oorblyfsel van hulle wees nie, want Ek sal onheil oor die manne van Anatot bring, die jaar van hulle besoeking. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nie een van hulle sal bly lewe nie. Ek gaan onheil oor die mense van Anatot bring. Die tyd om hulle te straf, het aangebreek.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en hulle sal geen oorblyfsel hê nie; want Ek sal onheil bring oor die manne van Anatot in die jaar van hulle besoeking. |
| Afrikaans 1983 | Nie een van hulle sal oorbly nie, want Ek sal 'n ramp oor hulle bring wanneer Ek hulle straf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar sal vir hulle niemand oorbly nie, want Ek bring onheil oor die manne van Anatot in die jaar waarin daar van hulle rekenskap geëis word.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nie een van hulle sal aanhou lewe nie. Dit sal sleg gaan met die manne van Anatot wanneer Ek hulle straf.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nie eens een van hulle sal bly lewe nie. Ek sal die mense van Anatot baie slegte dinge laat ervaar wanneer Ek hulle straf. Ek het reeds besluit wanneer dit sal wees.” |