Jeremiah 11:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek besoek hulle; die jongmanne sal deur die swaard sterwe; hulle seuns en hulle dogters sal deur hongersnood sterf; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here, die Almagtige, sê van hulle: “Ek gaan hulle straf! Hulle jong mans sal in gevegte sterf, hulle kinders sal van honger doodgaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | daarom, so spreek die HERE van die leërskare: Kyk, Ek doen besoeking oor hulle; die jongmanne sal sterwe deur die swaard, hulle seuns en hulle dogters sal sterwe deur hongersnood, |
| Afrikaans 1983 | so sê die Here die Almagtige: Ek sal hulle straf. Hulle jongmanne sal sterf deur oorlog, hulle seuns en hulle dogters sal sterf van honger. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ja, so sê die Here, Heerser oor alle magte: “Kyk, Ek gaan van hulle rekenskap eis: Die jong manne sal sterf deur die swaard; hulle seuns en hulle dogters sal sterf van honger. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wat oor alles regeer, het gesê: “Omdat hulle dit gedoen het, sal Ek hulle straf. Hulle jongmanne sal sterf in oorlog, hulle seuns en dogters sal sterf, want hulle sal nie kos hê om te eet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here wat sterker as alles en almal is, sê: “Ek gaan hulle straf! Die jongmans sal in gevegte met ’n vyand doodgemaak word. Hulle kinders sal van die honger doodgaan. |