Jeremiah 11:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE van die manne van Anatot, wat jou lewe soek, en sê: Moenie profeteer in die Naam van die HERE nie, dat jy nie deur ons hand sterf nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom sê die Here van die mense van Anatot: “Hulle wil jou doodmaak, Jeremia, omdat jy namens My profeteer. Hulle sê hulle sal jou doodmaak as jy nie ophou om dit te doen nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, so spreek die HERE aangaande die manne van Anatot wat jou lewe soek en sê: Jy mag nie profeteer in die Naam van die HERE nie, anders sal jy sterwe deur ons hand -- |
| Afrikaans 1983 | Daarom, so sê die Here oor die mense van Anatot wat jou lewe soek en sê: “Jy mag nie in die Naam van die Here as profeet optree nie, want dan sal ons jou doodmaak,” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, so sê die Here oor die manne van Anatot wat jou lewe soek en sê, “Jy mag nie profeteer in die Naam van die Here nie, sodat jy nie deur ons hand sterf nie,” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het gesê: “Jeremia, die manne van die stad Anatot wil jou doodmaak. Hulle het gesê: ‘Jy mag nie 'n profeet wees nie, jy mag nie sê die Here het jou gestuur nie. As jy dit doen, dan sal ons jou doodmaak.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê oor die mense van Anatot: “Hulle wil jou doodmaak, Jeremia. Dit is omdat jy namens My praat. Hulle sê hulle sal jou doodmaak as jy nie ophou om dit te doen nie.” |