Jeremiah 11:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar, HERE van die leërskare, wat regverdig oordeel, wat die niere en die hart toets, laat my u wraak op hulle sien, want aan U het ek my regsaak bekend gemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar, Here, Almagtige, U tree altyd regverdig op. U ondersoek wat in ’n mens aangaan, U weet selfs wat ons dink. Laat ek sien hoe U wraak neem, want ek het my saak in u hande gelaat. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar, o HERE van die leërskare, regverdige Regter, wat niere en hart toets, laat my u wraak op hulle sien, want aan U het ek my regsaak toevertrou. |
| Afrikaans 1983 | Here, Almagtige, regverdige Regter, wat hart en verstand toets, laat my sien hoe U op hulle wraak neem, want ek het my saak aan U toevertrou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Here, Heerser oor alle magte, regverdige Regter wat hart en niere toets, laat ek u wraak op hulle sien, want aan U het ek my regsaak toevertrou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U wat oor alles regeer, U is die Regverdige Regter, U weet wat mense dink. U moet vir my wys dat U my vyande straf, want ek het vir U vertel wat hulle gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, U is sterker as alles en almal. U tree altyd regverdig op. Ja, Here, U weet presies wat binne-in ’n mens aangaan. U weet selfs wat ons dink. Ek wil graag sien wat gebeur as U wraak neem op my vyande. Ek het my saak vir U gegee om te hanteer. |