Jeremiah 11:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar ek was soos 'n lam of 'n bees wat na die slag gebring word; en ek het nie geweet dat hulle planne teen my uitgedink het deur te sê: Laat ons die boom met sy vrugte vernietig en hom uitroei uit die land van die lewendes, sodat sy naam nie meer gedink kan word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek was soos ’n lam wat hulle weggelei het om te slag. Ek was onbewus daarvan dat hulle van plan was om my dood te maak. Hulle het gesê: “Kom ons raak ontslae van hierdie boom en sy vrugte. Kom ons maak hom dood, dan sal niemand ooit onthou dat hy geleef het nie!”
Afrikaans 1933/1953 Maar ek was soos 'n mak lam wat hulle lei om te slag; en ek het nie geweet dat hulle planne teen my beraam het nie: Laat ons die boom met sy vrugte verwoes, en laat ons hom uitroei uit die land van die lewendes, sodat aan sy naam nie meer gedink word nie!
Afrikaans 1983 Ek was soos 'n mak lam wat weggelei word om geslag te word. Ek het nie besef dat hulle teen my saamsweer nie. Hulle het gesê: “Laat ons die boom met die sap in hom vernietig en hom uitroei uit die land van die lewendes, sodat niemand meer aan hom dink nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek was soos 'n mak lam wat weggelei word om geslag te word. Ek het nie geweet dat dit teen my is wat hulle planne beraam nie: “Laat ons die boom en sy lewensap vernietig; laat ons hom afsny van die land van die lewendes, sodat sy naam nie meer onthou word nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek was soos 'n mak lam, hulle wou my slag, maar ek het dit nie geweet nie. Hulle het planne gemaak teen my en hulle het gesê: “Kom ons kap hierdie boom af saam met sy vrugte. Ons wil hom wegvat van die mense wat lewe. Niemand moet onthou dat hy gelewe het nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek was soos ’n lam wat op pad was na die slagpale om geslag te word, salig onbewus van wat aan die gang was. Hulle was van plan om my dood te maak. Hulle het gesê: “Kom ons raak ontslae van hierdie man, dan is ons ook ontslae van die dinge wat hy sê! Kom ons maak hom dood, dan sal niemand ooit onthou dat hy geleef het nie!”