Jeremiah 11:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die HERE van die leërskare, wat jou geplant het, het onheil oor jou gespreek oor die onheil van die huis van Israel en van die huis van Juda wat hulle teen hulleself gedoen het om My te terg deur reukwerk aan Baäl te bring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek, die Here, die Almagtige, het hierdie olyfboom geplant, en Ek gee opdrag dat dit vernietig word. Want die mense van Israel en Juda het bose dinge gedoen. Hulle maak My kwaad deur wierook vir Baäl te offer.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die HERE van die leërskare wat jou geplant het, het onheil teen jou gespreek weens die boosheid van die huis van Israel en die huis van Juda, wat hulle graag gedoen het, om My te terg deur rook te laat opgaan vir Baäl. |
| Afrikaans 1983 | Die Here die Almagtige wat jou geplant het, het bepaal dat die ramp oor jou kom. Dit gebeur oor die kwaad wat die mense van Israel en Juda hulleself aangedoen het toe hulle My gekrenk het met hulle offerandes aan Baäl. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here, Heerser oor alle magte, wat jou geplant het, het 'n ramp oor jou aangekondig weens die boosheid van die huis van Israel en die huis van Juda, die boosheid wat hulle gepleeg het om My te tart, deur vir Baäl offers te verbrand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wat oor alles regeer, het die olyfboom geplant, Hy het vir die Israeliete lewe gegee. Maar Hy het nou besluit dat hulle sal swaarkry, want die volk Israel en die volk Juda het slegte dinge gedoen. Hulle het vir Baäl wierook-offers gebring en so het hulle die Here kwaad gemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here is sterker as alles en almal. Hy het Israel en Juda soos hierdie olyfboom geplant. Hy sal sorg dat hulle vernietig word. Die mense van Israel en Juda het slegte dinge gedoen. Hulle het My kwaad gemaak, want hulle het wierook vir Baäl gebrand om in sy goeie boekies te kom.” |