Jeremiah 11:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Bid dan nie vir hierdie volk nie, en hef nie 'n geroep of gebed vir hulle op nie, want Ek sal hulle nie verhoor in die tyd dat hulle na My roep oor hulle benoudheid nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Jeremia, jy moenie meer vir hierdie mense bid nie. Dit sal nie help dat jy huil en by My pleit vir hulle nie, want Ek sal nie luister as hulle in die moeilikheid is en na My roep om hulp nie.
Afrikaans 1933/1953 En jy, bid nie vir hierdie volk nie en hef vir hulle geen smeking of gebed op nie, want Ek hoor nie in die tyd as hulle My aanroep vanweë hulle onheil nie.
Afrikaans 1983 En jy, Jeremia, moenie vir hierdie volk bid nie, moenie vir hulle pleit of bid nie, want as jy My aanroep wanneer die ramp hulle tref, sal Ek nie luister nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En jy, jy moenie vir hierdie volk bid nie; moenie vir hulle 'n klaagroep, 'n gebed opstuur nie, want Ek luister nie wanneer hulle na My roep vanweë die ramp wat hulle tref nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En jy, Jeremia, jy moenie vir hierdie volk bid nie, jy moenie vir My vra om hulle te help nie, want Ek sal nie luister wanneer hulle My roep nie, Ek sal nie hulle swaarkry wegvat nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het vir Jeremia gesê: “Jeremia, jy moenie meer vir die mense van Juda en Jerusalem bid nie. Dit sal nie help dat jy by My pleit of bid nie, want Ek sal nie luister as hulle in die moeilikheid is en My roep om hulle te help nie.