Jeremiah 11:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want volgens die getal van jou stede was jou gode, o Juda; en volgens die getal van die strate van Jerusalem het julle altare opgerig vir daardie skande, altare om vir Baäl rook te laat opgaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Juda, julle het net soveel afgode as wat julle dorpe het. Julle het ook op baie plekke altare opgerig om wierook vir Baäl te offer, amper soveel plekke as wat daar strate in Jerusalem is. Wat ’n skande! |
| Afrikaans 1933/1953 | Want volgens die getal van jou stede is jou gode, o Juda! En volgens die getal van die strate in Jerusalem het julle altare opgerig vir die skandegod, altare om vir Baäl rook te laat opgaan. |
| Afrikaans 1983 | Jy het soveel gode gehad as wat jy stede het, Juda, en om te offer aan die skandegod, aan Baäl, het julle soveel altare opgerig as wat daar strate in Jerusalem was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, net soveel dorpe as wat jy het, net soveel het jou gode geword, Juda. En net soveel strate as wat Jerusalem het, soveel is die altare wat julle opgerig het vir die skandelike afgod – altare om vir Baäl offers te verbrand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van Juda het baie gode gehad, so baie soos hulle stede. In Jerusalem was daar baie altare, so baie soos hulle strate. Hulle het wierook-offers op die altare gebring vir die skande-afgod Baäl. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Juda, julle het net soveel afgode as wat julle stede het. Julle het ook op baie plekke klippe opgestapel waarop julle wierook vir die skandelike afgod Baäl kan brand. Daar was amper soveel plekke as wat daar strate in Jerusalem is.” |