Jeremiah 11:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal die stede van Juda en die inwoners van Jerusalem gaan en roep tot die gode aan wie hulle reukwerk bring, maar hulle sal hulle glad nie red in die tyd van hulle benoudheid nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan sal die mense van die dorpe van Juda en van Jerusalem na hulle afgode roep om hulp. Hulle sal selfs vir hulle wierook brand. Maar as die ramp hulle tref, sal die afgode hulle nie kan red nie.
Afrikaans 1933/1953 Dan sal die stede van Juda en die inwoners van Jerusalem gaan en roep na die gode vir wie hulle rook laat opgaan het; maar die sal hulle geensins verlos in die tyd van hulle onheil nie.
Afrikaans 1983 Dan sal die inwoners van die stede van Juda en die inwoners van Jerusalem om hulp gaan roep na die gode vir wie hulle offers gebring het, maar die gode sal hulle nie red wanneer die ramp oor hulle kom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die dorpe van Juda en die inwoners van Jerusalem sal dan gaan en om hulp roep na die gode vir wie hulle offers verbrand het, maar die gode sal hulle geensins kan verlos in die tyd van hulle teenspoed nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Juda en die mense wat in Jerusalem woon, sal dan na hulle gode roep en hulle sal vra dat die gode hulle moet help. Hulle het wierook-offers vir daardie gode gebring, maar die gode sal hulle glad nie kan red wanneer dit sleg gaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense van die stede van Juda en Jerusalem sal dan hulle afgode smeek om hulle te help. Hulle sal selfs wierook vir die afgode brand om hulle guns te wen. Die afgode sal hulle nie uit die moeilikheid help as die ramp hulle tref nie.