Jeremiah 11:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het teruggekeer na die ongeregtighede van hulle voorvaders, wat geweier het om na my woorde te luister; en hulle het agter ander gode aan geloop om hulle te dien; die huis van Israel en die huis van Juda het my verbond verbreek wat Ek met hulle vaders gesluit het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle begaan nou dieselfde oortredings as hulle voorouers. Hulle weier om te doen wat Ek hulle beveel het. Hulle loop agter ander gode aan en aanbid hulle. “Israel en Juda het die verbond wat Ek met hulle voorouers gesluit het, verbreek. |
| Afrikaans 1933/1953 | hulle het teruggekeer na die ongeregtighede van hulle voorvaders wat geweier het om na my woorde te luister, en agter ander gode aan geloop om die te dien. Die huis van Israel en die huis van Juda het my verbond verbreek wat Ek met hulle vaders gesluit het. |
| Afrikaans 1983 | hulle is weer terug by die eerste sondes van hulle voorvaders; hulle weier om na my woorde te luister, hulle loop agter ander gode aan en dien hulle; Israel en Juda het die verbond verbreek wat Ek met hulle voorvaders gemaak het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het teruggekeer na die sondeskuld van hulle eerste voorouers, wat geweier het om na my woorde te luister; dit is hulle wat agter ander gode aangeloop het om dié te dien. Die huis van Israel en die huis van Juda het my verbond verbreek wat Ek met hulle voorouers gesluit het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het dieselfde sondes gedoen wat hulle voorvaders gedoen het. Hulle voorvaders was nie gehoorsaam aan wat Ek gesê het nie en hulle het ander gode gaan dien. Die volk Israel en die volk Juda het die verbond gebreek wat Ek met hulle voorvaders gemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle doen nou dieselfde verkeerde dinge as wat hulle voorouers gedoen het. Hulle wil nie doen wat Ek hulle beveel het om te doen nie. Verder het hulle ook afgode begin vereer. Israel en Juda het nie die ooreenkoms nagekom wat Ek met hulle voorouers gemaak het nie. |