Jeremiah 10:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Silwer wat in plate uitgesmeer is, word uit Tarsis gebring en goud uit Ufas, die werk van die werker en van die hande van die stigter: blou en pers is hulle klere; dit is alles die werk van geslepe manne.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle bring die fynste silwer uit Tarsis en suiwer goud uit Ufas en ’n handvaardige goudsmid maak ’n beeld. Vaardige kleremakers trek dan vir hierdie beeld klere van duur materiaal aan.
Afrikaans 1933/1953 Silwer wat plat geslaan is, word uit Tarsis gebring en goud uit Ufas, die werk van die ambagsman en van die hande van die goudsmid; pers en purperrooi is hulle klere; 'n werk van kunstenaars is hulle almal.
Afrikaans 1983 Die silwerbeslag kom uit Tarsis, die goud uit Ufas. Dit is die werk van 'n ambagsman en 'n goudsmid, die afgode is geklee in pers en rooi wolstof, alles die werk van kunstenaars.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die silwerbeslag word uit Tarsis gebring, die goud uit Ufas. Dit is die werk van 'n ambagsman; dit kom uit die hande van 'n goudsmid. Pers en purperrooi is die afgode se klere; dit is alles die werk van vaardige vakmanne.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle bring silwer uit die land Tarsis, hulle trek die beelde oor met silwer en goud en hulle trek vir die beelde klere aan van pers en rooi wol. Ambagsmanne doen al hierdie werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit maak geen verskil dat die gode versier is met die fynste silwer uit Tarsis of suiwer goud uit Ufas nie, dit bly maar iets wat ambagsmense gemaak het. Hulle trek hierdie gode ook klere aan wat uit baie duur materiaal gemaak is; tog bly dit steeds die werk van kunstige mense.