Jeremiah 10:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie sou U nie vrees nie, o Koning van die nasies? want aan jou kom dit toe, omdat daar onder al die wyse manne van die nasies en in al hulle koninkryke niemand is soos jy nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Is daar iemand wat U nie sal vrees nie, Koning van al die volke? U alleen verdien eer! Daar is niemand op aarde of in enige koninkryk wat so verstandig soos U is nie.
Afrikaans 1933/1953 Wie sou U nie vrees nie, o Koning van die nasies? Want U kom dit toe; want onder al die wyse manne van die nasies en in hulle hele koninkryk is geeneen soos U nie.
Afrikaans 1983 Wie sou U nie dien nie, Koning van die nasies? Dit kom U toe. Onder al die wyse mense, onder al die konings van die nasies, is daar niemand soos U nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie sou nie vir U ontsag hê nie, Koning van die nasies? Ja, vir U is dit van pas, want onder al die wyses van die nasies en in al hulle koninkryke, is daar niemand soos U nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U is Koning oor die volke, en almal moet U eer, want by al die wyse mense en al die konings van die volke is daar niemand soos U nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Is daar enige mense wat nie besef dat U gerespekteer moet word nie? U is dan die Koning van volke. Dit is net U wat hierdie eer verdien! Daar is niemand wat so slim en verstandig soos U is nie, nie in enige land van die wêreld of onder mense op die aarde nie.