Jeremiah 10:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle is regop soos 'n palmboom, maar praat nie; hulle moet gedra word, want hulle kan nie gaan nie. Moenie vir hulle bang wees nie; want hulle kan nie kwaad doen nie, en dit is ook nie in hulle om goed te doen nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle afgode is so hulpeloos soos ’n voëlverskrikker in ’n groentetuin! Hulle kan nie praat of loop nie, maar moet gedra word. Moenie bang wees vir sulke gode nie. Hulle kan niemand kwaad aandoen nie. Hulle kan ook niks goeds vir enigiemand doen nie.”
Afrikaans 1933/1953 Soos 'n voëlverskrikker in 'n komkommertuin is hulle: hulle kan nie praat nie; ja, hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle kan geen kwaad doen nie, maar daar is ook geen goeddoen by hulle nie.
Afrikaans 1983 Sulke gode kan net so min praat as 'n voëlverskrikker in 'n komkommerland; hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Moenie vir hulle bang wees nie, want hulle het geen mag om goed of kwaad te doen nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die beelde is soos 'n palmboom van pletwerk. Hulle kan nie praat nie, hulle moet gedurig gedra word; want hulle kan nie 'n voet versit nie. Moenie vir hulle bang wees nie, want hulle kan nie skade aanrig nie; en om goed te doen bestaan ook nie by hulle nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die beeld staan daar soos 'n pilaar wat iemand oorgetrek het met goud. Dit praat nie, en iemand moet dit dra, want dit kan nie loop nie. Julle moenie bang wees vir beelde nie, want hulle kan niks doen nie, nie goed nie en nie sleg nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die gode wat so gemaak word, is net so hulpeloos soos ’n voëlverskrikker in ’n groentetuin. Die beeld kan nie praat of loop nie. Dit moet van die een plek na ’n ander rondgedra word. Julle moet nie vir sulke gode bang wees nie. Hulle kan julle op geen manier kwaad aandoen nie. Maar julle moet ook besef hulle kan niks goeds doen nie.”