Jeremiah 10:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die gebruike van die volk is tevergeefs: want 'n mens kap 'n boom uit die bos, die werk van die hande van 'n werker, met 'n byl. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle gebruike is tevergeefs en dwaas. Hulle kap ’n boom af in ’n bos en ’n ambagsman maak daarvan ’n beeld. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die insettinge van die volke is nietigheid; want 'n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van 'n ambagsman met die byl. |
| Afrikaans 1983 | Hulle voorskrif om 'n god te kry, is sinloos: hulle kap 'n boom in die bos af, 'n ambagsman kerf dit uit met 'n beitel, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, die gebruike van die volke, dit is nietig; want hulle kap 'n boom in die bos af – die handewerk van 'n ambagsman met 'n byl. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die dinge wat die heidene doen, is soos wind. Iemand kap 'n stuk hout af in die bos en 'n ambagsman kap dit reg met 'n byl. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die godsdiens van hierdie volke maak nie mooi sin nie. Hulle kap ’n boom in ’n bos af en laat ’n skrynwerker daarvan ’n beeld maak. |