Jeremiah 10:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, die geraas van die vrugte kom en 'n groot rumoer uit die noordelike land, om die stede van Juda 'n wildernis te maak en 'n kuil van jakkalse. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoor julle, dit is die gedreun van die vyand se leërs wat uit die noorde op pad is. Hulle sal die dorpe van Juda verwoes. Die dorpe sal ’n lêplek wees vir jakkalse. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoor! 'n Gerug. Daar kom dit, en wel 'n groot geraas uit die Noordland, om die stede van Juda 'n woesteny te maak, 'n lêplek van jakkalse. |
| Afrikaans 1983 | Hoor! Daar kom 'n boodskapper, en 'n groot gedruis uit 'n land in die noorde! Hulle gaan die stede van Juda puinhope maak, lêplekke van jakkalse. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Gerug klink op! Kyk, dit kom! 'n Groot gedreun kom uit 'n land in die noorde om Juda se dorpe 'n woesteny te maak, 'n lêplek vir jakkalse. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek hoor die vyande kom uit die noorde, hulle raas en hulle kom om die stede van Juda te verwoes en die mense weg te vat. Net jakkalse sal daar woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoor julle, dit is die dreungeluid van die vyand se leërs wat uit die noorde op pad is. Hulle sal al die stede van Juda verwoes. Die stede sal ’n lêplek vir die jakkalse word.” |