Jeremiah 10:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die herders het dom geword en die HERE nie gesoek nie; daarom sal hulle nie voorspoedig wees nie, en al hulle skape sal verstrooi word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons leiers is onnosel. Hulle vra nie wat die Here van hulle verwag nie. Dit is waarom hulle misluk. En dis ook hoekom ons mense oral verstrooi is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die herders het dom geword en die HERE nie gesoek nie; daarom was hulle nie voorspoedig nie, en hulle hele kudde is verstrooi. |
| Afrikaans 1983 | Die herders het dwaas geword, hulle het nie na die wil van die Here gevra nie; daarom was hulle nie voorspoedig nie en is hulle hele kudde verstrooi. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, die herders het gewys dat hulle dom is; hulle het die Here nie geraadpleeg nie. Daarom kon hulle nie slaag nie, en is hulle hele kudde uiteengejaag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is so, want die leiers was soos herders wat dwaas geword het, hulle het nie vir die Here gevra wat hulle moet doen nie. Daarom het dit nie goed gegaan met hulle nie, vyande het hulle mense soos skape na al die kante toe gejaag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het geantwoord: “Ons leiers is onnosel. Dit maak nie vir hulle saak wat die Here wil hê hulle moet doen nie. Dit is hoekom dit sleg gaan. Dit is ook hoekom ons mense oraloor verstrooi is. |