Jeremiah 10:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) My tabernakel is verwoes, en al my toue is gebreek; my kinders het van my uitgegaan, en hulle is nie; daar is niemand meer om my tent uit te span en my gordyne op te slaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 My huis is weg en daar is niemand oor om my te help om dit te herbou nie. My kinders is weggevat, en ek sal hulle nooit weer sien nie.
Afrikaans 1933/1953 My tent is verwoes, en al my lyne is afgeruk; my kinders het van my af weggegaan, en hulle is daar nie; daar is niemand meer wat my tent uitspan en my tentdoeke opsit nie.
Afrikaans 1983 My tent is verwoes, sy toue afgeruk; my seuns het my verlaat, hulle is nie meer daar nie, daar is niemand om my tent weer op te slaan, om my tentseile te span nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar my tent is verwoes, en al my toue is gebreek. My kinders het van my af weggegaan; hulle is nie meer daar nie. Daar is nie meer iemand oor wat my tent kan oopsprei nie, wat my tentdoeke regop kan kry nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) maar nou is ons soos mense wie se tente verwoes is: Die tente se toue is stukkend, ons seuns is weg, en daar is niemand wat vir ons kan help om die tente se seile weer styf te trek nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons huise is vernietig. Dit wat ons nog vastigheid gegee het, is tot niet. Ons kinders is van ons af weggevat. Hulle sal nie weer terugkom en seker maak dat ons ’n toekoms het nie.”