Jeremiah 10:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE: Leer nie die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel nie; want die heidene is vir hulle verskrik. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê: “Moenie die praktyke van die nasies navolg nie. En moenie bang wees vir hulle voorspellings of vir tekens aan die hemel nie, al wek dit vrees by die nasies. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here: Moenie die gewoontes van die heidennasies aanleer nie. Moenie bang wees vir die tekens aan die hemel nie, want dit is die heidennasies wat daarvoor bang is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sê die Here: “Moenie die gebruike van die nasies aanleer nie; vir tekens aan die hemelruim moet julle nie bevrees wees omdat die nasies daarvoor bevrees is nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sê: “Julle moenie doen soos die heidene nie. Julle moenie bang wees vir tekens in die lug nie, want die heidene is bang daarvoor. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sê: “Moenie die manier hoe die ander nasies dinge doen, aanleer nie. Julle moet byvoorbeeld nie bang wees vir die tekens wat hulle in die sterre sien nie. Dit maak die mense van hierdie nasies baie bang. |