Jeremiah 10:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want so sê die HERE: Kyk, Ek sal die inwoners van die land in hierdie een keer uitslinger en hulle benoud maak, dat hulle dit so kan vind. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | sê die Here. “Ek gaan julle skielik uit julle land smyt. Ek gaan groot ellende oor julle laat kom. Dan sal julle my toorn ervaar.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want so sê die HERE: Kyk, Ek slinger die inwoners van die land hierdie keer weg, en Ek doen hulle benoudheid aan, dat hulle kan vind. |
| Afrikaans 1983 | want, so sê die Here, Ek gaan die inwoners dié keer uit die land uit verdryf. Die nood wat Ek oor hulle gaan bring, sal niemand vryspring nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want so sê die Here: “Kyk, Ek slinger hierdie keer die inwoners van die land weg. Ek het hulle vasgekeer, sodat hulle gevind kan word.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want die Here sê Hy sal die mense wat in hierdie land woon, ver weggooi soos wanneer iemand 'n klip met 'n slingervel gooi. Hy het die vyande gebring om die mense van Juda in die stede te vang en weg te vat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | sê die Here. “Neem kennis, Ek gaan julle nou uit julle land laat uitgooi. Ek gaan dit vir julle baie moeilik maak, julle sal die druk voel.” |