Jeremiah 10:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die deel van Jakob is nie soos hulle nie, want hy is die Formeerder van alle dinge; en Israel is die roede van sy erfdeel; HERE van die leërskare is sy Naam. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die God van Israel is nie soos hierdie afgode nie! Hy is Skepper van alles wat bestaan, ook van Israel, sy besondere erfenis. Sy Naam is die Here, die Almagtige! |
| Afrikaans 1933/1953 | Jakob se deel is nie soos hulle nie; want Hy is die Formeerder van alles, en Israel is die stam van sy erfenis; HERE van die leërskare is sy Naam. |
| Afrikaans 1983 | Die God van Jakob is nie soos hulle nie, Hy is die Skepper van alles en almal. Israel is die volk wat aan Hom behoort. Die Here die Almagtige is sy Naam. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die erfdeel van Jakob is nie soos hulle nie; want Hy is die Een wat alles vorm, en Israel is die stam van sy erfenis – die Here, Heerser oor alle magte, is sy Naam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die God van Jakob is nie soos die beelde nie, want Hy het alles gemaak. Die Israeliete is sy eie volk. Sy Naam is Here wat oor alles regeer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die God van Israel is nie soos hierdie afgode nie! Hy het alles gemaak, ook vir Israel. Israel is die volk wat Hy spesiaal uitgesoek het om aan Hom te behoort. Sy Naam is Here en Hy is sterker as alles en almal! |