Jeremiah 10:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Elke mens is brutaal in sy kennis; elke grondlegger staan beskaamd deur die gesnede beeld, want sy gegote beeld is leuens, en daar is geen asem in hulle nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In vergelyking met Hom is mense dom en sonder kennis! Hulle maak afgodsbeelde, maar die beelde bring hulle makers in die verleentheid, want hulle is vals, sonder enige lewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Elke mens word dom, sonder kennis; elke goudsmid staan beskaamd deur die gesnede beeld; want sy gegote beeld is 'n leuen, en daar is geen gees in hulle nie. |
| Afrikaans 1983 | Dan sien elke mens hoe dom, hoe sonder kennis, hy is; dan staan elke goudsmid verleë met sy afgodsbeeld, want sy beeld is bedrog, daar is geen lewe in nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Alle mense bewys hulleself dom, sonder kennis; elke goudsmid staan beskaamd oor sy afgodsbeelde, want sy gietsels is bedrog – daar is nie asem in hulle nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar mense wat beelde maak en hulle dien, is dom, hulle weet niks. Die beelde kan vir hulle niks doen nie, daar is nie lewe in hulle nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As mense nou met Hom vergelyk word, lyk hulle maar dom. Hulle weet net mooi niks! Die goudsmede wat die beelde maak, kom in die verleentheid, want die afgodsbeelde is vals. Hulle het nie krag nie. |