Jeremiah 10:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As Hy sy stem uiter, is daar 'n menigte waters in die hemel, en Hy laat die dampe opgaan van die eindes van die aarde; hy maak weerligstrale met reën en bring wind uit sy skatte.
Afrikaans (NLV) 2011 As Hy praat, kom die wolkmassa in oproer. Hy laat mistigheid opstyg vanaf die eindes van die aarde. Hy stuur ook weerlig saam met die reën, Hy laat die wind vry uit sy stoorkamers.
Afrikaans 1933/1953 As Hy sy stem laat hoor, is daar 'n geruis van waters in die hemel; en Hy laat dampe opgaan van die einde van die aarde; Hy maak bliksems vir die reën en laat wind uitgaan uit sy voorraadskure.
Afrikaans 1983 Wanneer Hy sy stem laat hoor, druis die water in die hemel; Hy laat die mis opstyg van die eindes van die aarde af, Hy laat die weerlig slaan wanneer dit reën, Hy laat die wind uit sy voorraadskure uitkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) in sy stem, wanneer Hy dit laat hoor, is daar die gedruis van water in die hemel. Hy laat stapelwolke opstyg aan die einde van die aarde; Hy maak weerligstrale vir die reën; Hy laat die wind vry uit sy voorraadkamers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer Hy praat, dan raas die water in die hemel. Hy bring die wolke van ver oor die aarde, Hy laat die weerlig slaan en die wind waai.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As Hy praat, klink dit soos die gedreun van donderweer in die hemel. Dit is ook Hy wat die mis laat opstyg uit die aarde. Dit voel vir ’n mens of dit van iewers ver op die aarde af moet kom. Die Here stuur ook die weerlig saam met die reën. Hy stuur ook die wind van ’n plek af wat iets soos ’n stoorkamer moet wees.