Jeremiah 10:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het die aarde gemaak deur sy krag, Hy het die wêreld gegrond deur sy wysheid, en Hy het die hemele uitgespan deur sy oorleg.
Afrikaans (NLV) 2011 God het die aarde deur sy krag gemaak. Hy het die wêreld deur sy kennis laat ontstaan. Dit is deur sy insig dat die hemel uitgesprei lê.
Afrikaans 1933/1953 Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, wat die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan het deur sy verstand.
Afrikaans 1983 Dit is die Here wat met sy krag die aarde gemaak het, wat met sy wysheid die wêreld gevestig het en met insig die hemel oopgesprei het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, wat die wêreld gevestig het deur sy wysheid, en deur sy insig die hemel oopgespan het –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het die aarde en die hemel gemaak. Hy het dit gedoen met sy krag en sy wysheid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is die Here wat deur sy krag die aarde gemaak het. Met sy kennis het Hy gesorg dat die aarde vas staan en dat alles op die aarde op die plek is waar dit hoort. Dit is ook Hy wat beplan het dat die hemel so oopgesprei sal lê.