James 5:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Julle het die regverdiges veroordeel en gedood; en Hy weerstaan jou nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle het goeie mense veroordeel en vermoor, en hulle kon hulle nie teen julle verdedig nie.
Afrikaans 1933/1953 Veroordeel, vermoor het julle die regverdige; hy versit hom nie teen julle nie.
Afrikaans 1983 Julle veroordeel en vermoor die onskuldige en hy bied geen teenstand nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle het die •regverdige veroordeel en vermoor; hy kan hom nie teen julle verweer nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle het gesê onskuldige mense is skuldig. Hulle kon julle nie keer nie en hulle kon hulleself nie verdedig nie, maar julle het hulle vermoor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle behandel mense wat julle niks gedoen het nie en wat onskuldig is, asof hulle vuilgoed is en maak hulle baie seer.