James 5:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgemaai het, wat van julle teruggehou word deur bedrog, roep;
Afrikaans (NLV) 2011 Kyk, die betaling van die arbeiders wat julle lande afgeoes het en wat julle van hulle teruggehou het, skree teen julle. En die krete van dié wat geoes het, het die oë van die Here die Almagtige bereik.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep uit; en die geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van die Here van die leërskare.
Afrikaans 1983 Ja, julle hou die loon agter van die werkers wat julle lande afgeoes het. Dit skreeu ten hemel; die geroep van dié wat geoes het, het tot by die Here die Almagtige gekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, die loon wat julle weerhou het van die arbeiders wat julle lande geoes het, roep dit uit, en die geroep van diegene wat oes, het die ore van die Here, Heerser oor alle magte, bereik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Kyk wat het julle gedoen! Julle het nie die mense betaal wat koring afgesny het op julle lande nie. Die geld wat húlle moes gekry het, beskuldig nou vir júlle. Ja, die Here wat oor alles regeer, hoor altyd wanneer die mense wat die koring afgesny het, skree en vra dat Hy hulle moet help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Onthou julle die werksmense wat op julle lande gewerk het? Onthou julle hoe julle hulle nie gegee het wat hulle eintlik verdien het nie? En hulle kon niks daaraan doen nie, want hulle was magteloos. Sulke dinge kan ’n mens nie stil hou nie. Dit is of dié geld wat julle vir julleself gehou het, self aan die skree gaan omdat julle so oneerlik is. Die Here, wat sterker as almal is, hoor duidelik hoe daardie werkers magteloos kla.