James 5:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jou goud en silwer is vergaan; en hulle roes sal 'n getuie teen jou wees en jou vlees soos vuur eet. Julle het skatte bymekaargemaak vir die laaste dae. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle goud en silwer sal beslis oproes. Hierdie einste roes sal soos vuur julle vleis wegvreet. Só sal die goud en silwer wat julle opgegaar het, op die oordeelsdag teen julle getuig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot 'n getuienis teen julle wees en sal soos 'n vuur julle vlees verteer. Julle het skatte vergader in die laaste dae. |
| Afrikaans 1983 | julle goud en silwer sal verroes. Die roes sal teen julle getuig en aan julle vreet soos 'n vuur. Julle maak skatte bymekaar, en dit terwyl dit die laaste dae is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle goud en silwer is verroes, en die roes sal teen julle getuig, en julle liggame soos vuur verteer. Julle het in die laaste dae skatte opgegaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle goud en silwer het geroes, en die roes sal wys watter slegte dinge julle gedoen het. Roes vreet goud en silwer, en die vuur van die Here se straf sal ook vir julle brand, want julle het mooi en duur goed bymekaargemaak in hierdie laaste dae voordat die Here kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dinge wat vir julle soveel werd is, word oud en gaan stukkend. Soos al die dinge wat julle so belangrik laat voel, stukkend gaan en opgeëet word, so word die sin van julle lewe weggevreet. Dit is soos ’n veldbrand wat julle lewe stukkie vir stukkie wegbrand. Geld is al waarmee julle julle besig hou en waaroor julle gesels; intussen is die wederkoms van die Here naby. |