James 5:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat hom weet dat hy wat die sondaar van die dwaling van sy weg bekeer, 'n siel uit die dood sal red en 'n menigte sondes sal verberg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | weet dan dat hy wat ’n sondaar op sy dwaalweg laat terugdraai, hom uit die dood verlos en maak dat ’n klomp sondes bedek word. |
| Afrikaans 1933/1953 | laat hy weet dat die een wat 'n sondaar van sy dwaalweg bekeer, 'n siel uit die dood sal red en 'n menigte sondes sal bedek. |
| Afrikaans 1983 | weet dan dat hy wat 'n sondaar van sy dwaalweg terugbring, hom uit die dood red en maak dat 'n menigte sondes vergewe word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | moet hy weet dat wie 'n sondaar van sy dwaalweg laat terugdraai, sy siel uit die dood sal red en 'n menigte sondes sal bedek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet dan onthou: As so iemand 'n ander gelowige help om nie weer verkeerd te doen nie, dan red hy hom van die dood. Dan sal die Here baie sondes vergewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hy hom nie gehelp het nie, sou daardie persoon totaal van God af weggedwaal en sonder God gesterf het. Hy sal daardie persoon help om weg te draai van al die verkeerde dinge wat hy gedoen het, asof dit nooit deel van sy lewe was nie. |