James 5:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Elía was 'n man onderworpe aan soortgelyke hartstogte soos ons, en hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie; en dit het nie op die aarde gereën oor die verloop van drie jaar en ses maande nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elia was ’n mens net soos ons. Nogtans, toe hy ernstig gebid het dat dit nie moes reën nie, het daar drie jaar en ses maande lank nie ’n druppel op die aarde geval nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | El¡a was 'n mens net soos ons, en hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie; |
| Afrikaans 1983 | Elia was 'n mens net soos ons. Hy het ernstig gebid dat dit nie moet reën nie, en in die land het dit drie jaar en ses maande lank nie gereën nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elia was 'n mens net soos ons, en hy het vurig gebid dat dit nie moet reën nie, en dit het drie jaar en ses maande lank nie op die aarde gereën nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elia was 'n mens soos ons. Hy het baie ernstig gebid dat dit nie moet reën nie, en dit het drie jaar en ses maande lank nie gereën op die aarde nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elia is ’n goeie voorbeeld daarvan. Hy was maar ’n mens net soos ons. Hy het God egter mooi en ernstig gevra dat dit nie moes reën nie. Drie en ’n half jaar lank het die reën toe heeltemal weggebly. |