James 5:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die kragtige vurige gebed van 'n regverdige het baie baat.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het ’n kragtige werking.
Afrikaans 1933/1953 Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.
Afrikaans 1983 Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Bely dan julle sondes teenoor mekaar, en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van 'n •regverdige is baie kragtig in sy uitwerking.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom moet julle vir mekaar sê dat julle jammer is oor julle sondes. Julle moet ook vir mekaar bid sodat julle gesond kan word. Wanneer iemand doen wat die Here wil hê en hy bid, dan sal sy gebed help dat groot dinge gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Erken dit openlik as julle dinge gedoen het wat God nie wou gehad het nie. Bid vir mekaar sodat julle gesond kan word. God luister graag na mense wie se saak met Hom reg is.