James 5:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die gebed van die geloof sal die sieke red, en die Here sal hom oprig; en as hy sondes gedoen het, sal dit hom vergewe word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En ’n gelowige gebed sal die siek mens gesond laat word; die Here sal hom laat opstaan. En watter sondes die sieke ook al gedoen het, dit sal hom vergewe word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word. |
| Afrikaans 1983 | En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die gelowige gebed sal die sieke gesond laat word, en die Here sal hom weer oprig. En as hy sonde gedoen het, sal hy vergewe word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As die ouderlinge bid en glo dat die Here die siek persoon gesond sal maak, dan sal hy gesond word. Die Here sal hom laat opstaan van sy bed, en as hy sonde gedoen het, dan sal die Here sy sonde vergewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ’n mens God so vra en Hom vertrou, sal die Here dié persoon help. Hy sal hom nie alleen gesond maak nie, maar as hy dinge gedoen het waarvan God nie hou nie, sal God hom ook oorsien. |