James 5:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Is daar iemand onder julle wat siek is? laat hy die ouderlinge van die kerk roep; en laat hulle oor hom bid en hom in die Naam van die Here met olie salf.
Afrikaans (NLV) 2011 Is daar van julle wat siek is? Dan moet julle die ouderlinge van die gemeente laat kom. Nadat die ouderlinge die siekes met olyfolie in die Naam van die Here gesalf het, moet hulle vir hulle bid.
Afrikaans 1933/1953 Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het.
Afrikaans 1983 As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As iemand van julle siek is, moet hy die ouderlinge van die •gemeente roep, sodat hulle vir hom kan bid, nadat hulle hom in die Naam van die Here met olyfolie gesalf het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer daar iemand by julle is wat siek is, dan moet hy die ouderlinge van die gemeente roep om na hom toe te kom. Die ouderlinge moet die Naam van die Here sê en hulle moet olyf-olie op die persoon gooi en vir hom bid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Is een van julle siek? Hy moet die leiers in die gemeente roep om vir hom te bid. Hulle moet olie op hom sit as bewys van die teenwoordigheid en krag van God.