James 5:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Is daar iemand onder julle wat benoud is? laat hom bid. Is enige vrolik? laat hom psalms sing.
Afrikaans (NLV) 2011 Is daar van julle wat swaarkry? Dan moet julle aanhou bid daaroor. En dié wat opgeruimd is, moenie ophou lofliedere sing nie.
Afrikaans 1933/1953 Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? Laat hom psalmsing.
Afrikaans 1983 As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid. As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As iemand van julle swaarkry, moet hy bid. As iemand opgeruimd is, moet hy psalms sing.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer daar iemand by julle is wat swaarkry, dan moet hy bid. Wanneer daar iemand is wat bly is, dan moet hy vir die Here sing.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Is een van julle dalk in die moeilikheid? Laat hy dan met God gaan praat. As iemand goed of gelukkig voel, moet hy liedere sing wat vertel hoe goed God vir hom is.