James 5:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gaan nou, julle rykes, huil en huil oor julle ellende wat oor julle sal kom.
Afrikaans (NLV) 2011 Kom nou, julle ryk mense, huil en treur oor al die swaar wat vir julle voorlê.
Afrikaans 1933/1953 Kom nou, julle rykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom.
Afrikaans 1983 En nou, julle rykaards, kerm en kla oor al die swaar wat oor julle gaan kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kom nou, julle rykes, huil en weeklaag oor die rampe wat julle gaan tref!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ryk mense, julle moet luister, julle moet huil en skree oor die slegte dinge wat met julle sal gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Staan ’n bietjie nader en luister hierna, julle wat dink geld maak julle so belangrik. Vreeslike dinge wat julle baie seer gaan maak, wag vir julle. Dan sal julle net met julle kop in julle hande kan sit en huil.