James 4:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Onderwerp julle dan aan God. Weerstaan die duiwel, en hy sal van jou wegvlug. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wys dus dat julle van God afhanklik is deur na Hom te luister. Weerstaan die duiwel en hy sal van julle af wegvlug. |
| Afrikaans 1933/1953 | Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. |
| Afrikaans 1983 | Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Onderwerp julle dus aan God. Weerstaan die Duiwel, dan sal hy van julle wegvlug. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet gehoorsaam wees aan God, julle moet veg teen die duiwel, dan sal hy wegvlug van julle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wees gehoorsaam aan God en net aan Hom. Verklaar die duiwel vyand nommer een in jou lewe en gee hom nie ’n enkele kans nie. Hy sal dan van jou af padgee omdat hy niks kan regkry nie. Julle moet God se hand al hoe stywer vashou; dan sal Hy júlle hand ook al hoe stywer vashou. As julle verkeerde dinge doen, hou op daarmee. Hou op om aan die een kant God te wil dien en aan die ander kant nog met julle sondes aan te gaan. |