James 4:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gaan na nou toe, julle wat sê: Vandag of môre sal ons in so 'n stad ingaan en 'n jaar daar bly en koop en verkoop en wins verkry. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en ’n jaar lank daar bly, ons sal sake doen en wins maak.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Kom nou, julle wat sê: Vandag of môre sal ons na die en die stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak -- |
| Afrikaans 1983 | Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en 'n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na hierdie of daardie stad gaan, en 'n jaar daar deurbring, en handel dryf en wins maak.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle sê: “Ons sal vandag of môre na 'n stad gaan. Dan sal ons 'n jaar lank daar bly en ons sal goed koop en verkoop, ons sal meer geld kry as wat ons gehad het.” Maar julle moet luister na wat ek nou sê: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kom nou; luister ’n bietjie na julleself. Julle sê: “Ons gaan sommer nou of miskien môre na daardie stad toe. Daar gaan ons ’n jaar bly. Ons gaan lekker besigheid doen en sakke vol geld maak.” |