James 4:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar is een wetgewer wat in staat is om te red en te vernietig: wie is jy wat 'n ander oordeel?
Afrikaans (NLV) 2011 Net God — Hý wat die wet gemaak het — kan as Regter oor ons optree. Net Hý het die mag om te verlos of te vernietig. Dit is dus baie duidelik dat julle nie regter oor julle naaste kan speel nie.
Afrikaans 1933/1953 Een is die Wetgewer, Hy wat mag het om te red en te verderf. Maar jy, wie is jy wat 'n ander oordeel?
Afrikaans 1983 Daar is egter maar een Wetgewer en Regter, en dit is Hy wat die mag het om te red en te verdelg. Maar jy, wie is jy om regter te speel oor jou naaste?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar is net een Wetgewer en Regter – Hy wat in staat is om te verlos en te vernietig. Maar jy, wie is jy om jou naaste te oordeel?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is net Een wat wette maak en wat mag oordeel. Net Hý kan mense red of laat sterf. Maar jý, jy mag nie jou naaste oordeel nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar is net een Persoon wat belangriker is as die wet en dit is die Een wat die wet gemaak het. Hy alleen kan besluit wie vrygespreek word en wie veroordeel word. Wie is jy nou miskien om te maak of jy kan oordeel of iets kan sê oor jou medemens?