James 4:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Moenie kwaad van mekaar praat nie, broers. Hy wat kwaad spreek van sy broer en sy broer oordeel, spreek kwaad van die wet en oordeel die wet; maar as jy die wet oordeel, is jy nie 'n dader van die wet nie, maar 'n regter. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie lelike goed van mekaar sê nie, broers en susters. As julle lelike dinge van ’n medegelowige sê of ’n medegelowige kritiseer, dan kritiseer julle die wet. En as julle die wet kritiseer, is julle nie daders van die wet nie, maar regters. |
| Afrikaans 1933/1953 | Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Di, wat kwaad spreek van sy broeder en sy broeder oordeel, spreek kwaad van die wet en oordeel die wet; en as jy die wet oordeel, is jy nie 'n dader van die wet nie, maar 'n regter. |
| Afrikaans 1983 | Moenie van mekaar kwaad praat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaad praat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer volgens die wet nie, maar speel jy regter daaroor. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moenie van mekaar kwaadpraat nie, broers. Wie kwaadpraat van sy broer, of oor sy broer oordeel, praat ook kwaad van die wet en oordeel die wet. As jy die wet oordeel, is jy nie 'n doener van die wet nie, maar 'n regter. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My vriende, julle moenie slegte dinge sê van mekaar nie. Wanneer iemand slegte dinge sê van sy vriend of wanneer hy sê sy vriend doen verkeerd en God moet hom straf, dan sê hy slegte dinge van God se wette en hy sê dat die wette verkeerd is. En as jy sê dat die wette verkeerd is, dan doen jy nie wat die wette sê nie, maar dan is jy die regter wat die wette oordeel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Liewe broers en susters, moenie lelik praat van mekaar nie. Iemand wat oor sy mede-Christen skinder of sê hy is sleg, maak eintlik God se wil sleg en praat teen die wet van God. As jy sê God se wil is sleg, doen jy mos nie wat God wil hê nie. Dan hou jy jou belangriker as sy wet. |