James 4:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verneder julle voor die oë van die Here, en Hy sal julle verhef. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Val voor die Here neer en wys dat julle van Hom afhanklik is, en Hy sal julle optel en aan julle aansien gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog. |
| Afrikaans 1983 | Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Verneder julle voor die Here, dan sal Hy julle verhoog. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet vir die Here wys dat julle nie dink julle is belangrik nie. Dan sal Hy julle belangrik maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Buig baie laag voor die Here. Sê dat jy jou hele lewe net vir Hom wil leef. God sal jou optel, daar waar jy in oorgawe voor Hom buig, en jou op ’n ereplek regop, kop omhoog, langs Hom laat staan. |