James 3:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarmee loof ons God, ja, die Vader; en daarmee vervloek ons mense wat na die gelykenis van God gemaak is.
Afrikaans (NLV) 2011 Partykeer loof daardie tong ons Here en Vader, en ander kere vloek dieselfde tong mense wat na die beeld van God gemaak is.
Afrikaans 1933/1953 Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.
Afrikaans 1983 Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarmee loof ons die Here en Vader, en daarmee vervloek ons mense wat na die beeld van God geskep is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons prys die Here en Vader met die tong, maar met dieselfde tong vloek ons mense, en God het daardie mense gemaak om te regeer in sy plek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoe is dit moontlik dat ons met dieselfde tong baie mooi dinge van ons Here en Vader sê, maar omdraai en dan iemand so slegsê dat die see hom nie kan afwas nie? Is daardie persoon nie ook deur God gemaak nie? Moet ons hom nie ook met respek behandel nie?