James 3:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die tong is 'n vuur, 'n wêreld van ongeregtigheid; so is die tong onder ons lede, dat dit die hele liggaam verontreinig en die loop van die natuur aan die brand steek; en dit word aan die brand gesteek van die hel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die tong is ook ’n vuur. Dit is vol dinge wat jou verhouding met God kan bederf. Dit kan jou hele lewe in vlamme laat opgaan, want die duiwel steek dit aan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die tong is ook 'n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so 'n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek. |
| Afrikaans 1983 | Die tong is ook 'n vuur, 'n wêreld vol ongeregtigheid, die deel van die liggaam wat die hele mens besmet. Dit steek die hele lewe, van die geboorte af tot die dood toe, aan die brand, en self word dit uit die hel aan die brand gesteek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die tong is ook 'n vuur, 'n wêreld van ongeregtigheid. Die tong is deel van ons ledemate, maar besoedel die hele liggaam. Dit steek die hele lewensloop aan die brand, en word uit Gehenna aangesteek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die tong is soos 'n vuur wat brand. Die tong is een van die dele van die liggaam, maar dit is ook soos 'n hele wêreld vol verkeerde dinge. Dit maak die hele liggaam vuil. Dit steek 'n mens se hele lewe aan die brand, van die begin tot die einde, en die tong se vuur kom reguit van die hel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jou tong is soos ’n vuur wat jou hele lewe laat uitbrand. En die ergste is dat dit die duiwel is wat die vuur in jou mond kom aansteek wat jou hele lewe kan vernietig. |