James 3:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, ons sit stukke in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees; en ons draai om hulle hele liggaam. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Net as ons stange in hulle bek gesit het, gehoorsaam perde ons en het ons die hele dier onder beheer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons stuur hulle hele liggaam daarmee. |
| Afrikaans 1983 | Vir perde sit ons 'n stang in die bek, en dan gehoorsaam hulle ons en het ons hulle hele liggaam onder beheer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons sit stange in perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam, en daarmee stuur ons hulle hele liggaam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As ons 'n stang in 'n perd se bek sit sodat hy moet doen wat ons wil hê, dan kan ons die hele perd stuur met die stang. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit werk soos die stuurwiel waarmee ek ’n hele kar beheer. As ek die stuurwiel draai, draai die hele kar. |