Isaiah 9:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want vir ons is 'n kind gebore, aan ons is 'n seun gegee, en die heerskappy sal op sy skouer wees, en sy naam sal genoem word Wonderbaar, Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy heerskappy en vrede sal voortdurend uitbrei en nooit ophou nie. Vanaf die troon waarop sy voorouer Dawid gesit het, sal Hy vir altyd regverdig en reg regeer. Die toewyding van die Here, die Almagtige, sal dit waarborg.
Afrikaans 1933/1953 tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.
Afrikaans 1983 Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vir die uitbreiding van heerskappy en vir vrede sonder einde, sal hy op die troon van Dawid en oor sy koninkryk wees, om dit te vestig en te ondersteun deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Die ywer van die Here, Heerser oor alle magte, sal dit doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sal 'n belangrike koning wees, en daar sal altyd vrede wees. Hy sal koning wees soos sy voorvader Dawid, hy sal regverdig wees en hy sal altyd reg doen aan almal. Die Here wat oor alles regeer, sal dit laat gebeur, want Hy sal ons nie los nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy koninkryk en mag sal aanhou uitbrei en Hy sal vir altyd vrede bring. Hy sal vir altyd op Dawid se troon sit en sy koninkryk met regverdigheid en billikheid regeer. Daarvoor sal die absolute goedheid van die Here die Almagtige sorg.