Isaiah 9:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want elke geveg van die vegter is met 'n verwarde geraas, en klere wat in bloed gerol is; maar dit sal wees met brand en brandstof van vuur.
Afrikaans (NLV) 2011 Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee. Hy sal die heerser wees met die koninklike titels: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.
Afrikaans 1933/1953 Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors --
Afrikaans 1983 Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want 'n kind is vir ons gebore, 'n seun is aan ons gegee. Die heerskappy is op sy skouer. Hy word genoem: Wonderbare Raadgewer, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, 'n kind is vir ons gebore, die Here het vir ons 'n seun gegee, en die kind sal koning word. Hulle sal hom noem: Die man wat wonderlike planne kan maak, Die man wat oorlog kan maak soos God, Die man wat altyd vader is, Die koning van vrede.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar is vir ons ’n Kind gebore! Dit is ’n Seun wat aan ons gegee is! Hy sal oor ons regeer en sy koninklike titels sal wees: Spesiale Raadsman, God wat sterk is, Ewige Vader, Koning van Vrede.