Isaiah 9:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want U het die juk van sy las verbreek en die staf van sy skouer, die staf van sy verdrukker, soos op die dag van Mídian.
Afrikaans (NLV) 2011 In daardie dag van vrede sal elke skoen wat in die oorlog gebruik is en elke uniform wat met bloed bevlek is, in die vuur verbrand word.
Afrikaans 1933/1953 Want elke soldateskoen wat daar wegstap met gedreun, en die kleed wat in bloed gerol is, dien tot verbranding, 'n prooi van die vuur.
Afrikaans 1983 Elke soldateskoen wat in die oorlog gebruik is, en elke uniform wat met bloed bevlek is, sal verbrand word, deur die vuur verteer word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, elke stewel wat stamp met 'n gedreun, en elke kledingstuk wat in bloed gerol is, is bestem vir verbranding, is kos vir die vuur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, hulle vat die skoene wat op hulle getrap het en hulle vat die klere van die soldate wat party van hulle mense vermoor het, en hulle verbrand die skoene en die klere.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die skoene van die soldate wat die land binnegeval het en hulle bloedbevlekte uniforms sal met vuur verbrand word.