Isaiah 9:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U het die nasie vermenigvuldig en die vreugde nie vermeerder nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want God sal die kettings wat sy volk vasbind en die sweep waarmee hulle geslaan is, stukkend breek. Hy sal maak net soos op die dag toe Hy Midian verslaan het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die juk wat op hulle gedruk het, en die stok wat hulle rug getref het, die roede van hulle drywer, het U verbreek soos op die dag van M¡dian. |
| Afrikaans 1983 | Soos die dag toe Midian verslaan is, het U die juk verbreek wat op die volk gedruk het, die stok waarmee hulle geslaan is, waarmee hulle gedryf is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want die las van hulle juk en die hout oor hulle skouers, die stok van hulle slawedrywer, het U verpletter soos op die dag van Midian. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, hulle was die vyande se slawe, hulle moes jukke dra, en die vyande het hulle met kieries geslaan. Maar U breek die jukke en die kieries soos daardie dag toe Gideon die Midianiete oorwin het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Want God sal die kettings waarmee sy volk vasgebind word en die swepe waarmee hulle geslaan word, stukkend breek, net soos Hy Midian se mag lank terug gebreek het. |