Isaiah 9:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sal aan die regterhand ruk en honger word; en hy sal aan die linkerhand eet, en hulle sal nie versadig word nie; hulle sal elkeen die vleis van sy eie arm eet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Manasse sal op Efraim teer, en Efraim op Manasse. En saam sal hulle Juda verteer. Maar selfs dan sal die Here se woede nie afgekoel wees nie. Sy vuis is nog reg om te slaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Manasse vir Efraim, en Efraim vir Manasse, en hulle saam is teen Juda. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek. |
| Afrikaans 1983 | Manasse veg teen Efraim, Efraim teen Manasse, en saam veg hulle teen Juda. Ondanks dit alles bedaar die toorn van die Here nie; sy hand bly uitgesteek teen hulle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Manasse aan Efraim en Efraim aan Manasse, en hulle is saam teen Juda. Ondanks dit alles het die Here se toorn nie bedaar nie, en bly sy hand steeds uitgestrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Manasse-stam maak oorlog teen die Efraim-stam en die Efraim-stam maak oorlog teen die Manasse-stam, en hulle maak saam oorlog teen die Juda-stam. Maar dit was nie genoeg vir die Here nie. Hy het kwaad gebly en Hy het aangehou om hulle te straf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die broers, Manasse en Efraim, veg teen mekaar. Op hulle beurt val hulle weer vir Juda aan. Ondanks dit alles het die Here se woede nog nie bedaar nie en is Hy van plan om hulle nog te straf. |