Isaiah 9:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die volk wat in die duisternis gewandel het, het 'n groot lig gesien: die wat in die land van doodskaduwee woon, oor hulle het die lig geskyn. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U sal Israel weer grootmaak, en sy mense sal bly wees soos mense bly is tydens die oestyd, soos soldate bly is oor die buit. |
| Afrikaans 1933/1953 | U het die nasie vermenigvuldig, hulle vreugde groot gemaak; hulle is vrolik voor u aangesig soos iemand vrolik is in die oestyd, soos iemand juig as die buit verdeel word. |
| Afrikaans 1983 | U het dié wat nie meer 'n nasie was nie, baie gemaak, hulle blydskap groot gemaak. Hulle het hulle in u teenwoordigheid verbly soos mense bly is in die oestyd, soos hulle juig wanneer hulle die buit verdeel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U het die nasie vermeerder, U het hulle vreugde groot gemaak. Hulle ervaar vreugde voor U, soos die vreugde in die oestyd, soos dié wat juig wanneer hulle buit verdeel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U het die mense baie meer laat word en U het hulle baie bly gemaak. Hulle is voor U so bly soos in die tyd wanneer hulle die koring afsny. Hulle juig soos wanneer hulle gewen het in 'n oorlog en wanneer hulle die vyande se goed vir hulleself vat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Israel sal weer groot wees en sy mense sal lag en jubel soos in die oestyd. Hulle skree uitbundig van vreugde soos die soldate wanneer hulle die oorlogsbuit verdeel. |