Isaiah 9:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Deur die toorn van die HERE van die leërskare word die land verduister, en die volke sal wees soos brandstof van vuur; niemand sal sy broer spaar nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle steel links en regs, maar bly honger. Op die ou end eet hulle selfs hulle eie kinders.
Afrikaans 1933/1953 En hulle byt na regs en het honger; hulle vreet na links en word nie versadig nie; hulle eet elkeen die vlees van sy eie arm:
Afrikaans 1983 Elkeen verslind links en regs maar kry nie genoeg nie. So verteer hy sy eie krag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle verslind aan die regterkant, maar bly honger; hulle vreet aan die linkerkant, maar word nie versadig nie. Elkeen van hulle bly vreet aan die vleis van sy voorarm:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Soos wilde diere wat alles opvreet, so maak hulle oorlog teen mekaar. Hulle hou nie op nie, hulle word swakker en swakker.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle steel kos net waar hulle kan, maar dit is nie genoeg om hulle honger te stil nie. Selfs hulle buurman loop deur onder hulle geplunder.